Select Page

Need (Education, 57)

The greatest want of the world is the want of men,—men who will not be bought or sold; men who in their inmost souls are true and honest; men who do not fear to call sin by its right name; men whose conscience is as true to duty as the needle to the pole; men who will stand for the right though the heavens fall.

Uit die hart van haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

My liefste Mamma. Woorde kan nie sê wat ń ongelooflike mens en mamma jy vir ons was nie. Ek was van kleintyd af geleer deur Mamma se voorbeeld hoe belangrik Jesus in ons lewens hoort te wees. Mamma se liefde en omgee het baie harder gesing as enige woorde ooit kon. Mamma het my geleer om te “love people to Jesus”. Toe ek nie baie selvertroue gehad het nie het Mamma my ondersteun en altyd laat weet dat ek enigiets kan doen wat ek graag wil.

Dankie dat mamma se hart altyd oop was vir al ons vriende en toe later ons lewensmaats en toe ons kinders. Ons almal het lekker snoesig toegedraai gevoel in mamma se liefde, altyd and forever. Dankie Dankie Dankie.

Ek is so dankbaar dat ons weet ons gaan saam dans in ons English garden, om daai sjokolade fontein wat ek spesiaal gaan hê vir mamma. Mamma gaan vir ons sing terwyl ons hande klap en saam dans.

Onthou ek het gesê daarna gaan swem ons met die dolfyne om die chocolate af te was en dan is dit perd ry op die strande waar mamma vir ons almal gaan aanhou sing.

Dan gaan ons lekker brood en jam met room op eet vir middag snoepie. En dan die hoogtepunt van die dag. Ons gaan saam met Jesus en die Engele lekker vlieg oor al die woude en die beeldskone plekkies wat ons nog nie gesien het nie. Ek kan nie meer wag nie. Tot dan my liefste Mamma.  MARLENE

Marlene

“Don’t thank me – buy me chocolates.”  For anyone who knew my Oumie (aka Mama, Auntie Edith, Ouma E, Edith), if you ever said thank you for something, this would be her response.

Oumie loved compact items – anything that was a shrunken normal size equivalent, perfect to use for travelling: things like small spray bottles, tiny containers, a hair brush you could fold in on itself – anything travel size she loved.  I can’t go past the empty travel container section in a shop without thinking of Oumie. She would love all the travel size toiletries you can now get that are even branded, but compact.

Auntie Edith was a phenomenal teacher.  She taught English to so many, and she corrected those who have English as a first language on their grammar.  I will always hear in the back of my head “you can but you may not” if I were to forget to use the phrase “may I” when asking for something.  When we played Rummikub, if I said “I’m finished” when I had completed my turn, she would always correct me saying “I have finished, not I am finished – you’re not finished you’re still alive.”  She taught swimming and taught me to dive, she also was involved in some of my learning to drive.  I remember one day we were driving down an off-track road and there was a space I had to move through that I didn’t think was big enough – she said it was, and she was right.  She made me reverse the car in a straight line using my mirrors.

Oumie always stocked the cupboards with all my favourite snacks when I came to visit, and she would always have chewy mints to eat or anything else naughty.  She also had a rather (in my opinion) unpleasant habit of drinking sour milk (waste not want not), one thing I overlooked once when pouring milk over my cereal a few years back and taking a bite and I had taken the wrong milk.

My Oumie loved Jesus and she loved to sing and she loved to sing to Jesus.  I’m grateful I inherited Oumie’s talent and love of singing.  Oumie loved Oupie and all of her children and grandchildren and great grandchildren more than anything.  Oumie loved all children and had a wonderful way with any she crossed paths with – this is something my mother very much inherited too.

Oumie was the best person ever to watch any drama or intense films/tv with because at the height of any tense moment all you would hear is “OOPS OOPS OOPS OOOOPS!!!” and she would grab Oupie’s leg

My Oumie was the cheekiest woman I’ve ever known and most of all I think I will miss her cheek.  She loved generously, she laughed freely and was quietly naughty and full of mischief.

There’s so much I could say about Oumie, so many things I remember, so many memories of wonderful times spent together.  I think the best photo I have is one of her knitting and me crocheting together on the stoep and looking at each other with love and laughter.

When I was very small, Oumie and Oupie came to look after me so my parents could go out.  At bed time I was crying hysterically because I wanted my mommy and despite several attempts of getting me to calm down, Oumie warned me that she would have to give me a smack if I didn’t calm.  I didn’t and I got a smack, which shocked me out of my hysterics.  I’m told I stopped crying, looked at Oumie and said “Oumie, you can go home now.”

My Oumie has gone home now, to rest, and I will remember her in so many wonderful ways until I see her again when we both meet Jesus.   SHALANI

SHALANI

My Oumie was a song of the heavens in human bones.

Even though I was not with her physically for a lot of the time, Oumie has always been top tier in my heart.

Starting out in my memories as a mystery voice of love and joy through telephones I hated to speak through, I always knew when I got to see my Oumie those were most special days.

Once knowing my beautiful Oumie’s hugs and kisses and having had my wonderful one of a kind soul adventures with her, I knew that there was no other being like her, and how much I cherished knowing that she was my Oumie, wherever we are.

If there’s anyone who’s shown me how to know your worth, as a woman, and as a child of God it’s Ouma Edith.

If there’s anyone who’s shown me how to give, love, be kind and do so unapologetically…

To live without fear, without doubt and to believe wholly and completely that God is doing what is right.

To accept everybody, and be cheeky to EVERYBODY…

My first ever fashion inspiration and a constant reminder to follow my dreams.

When I last visited Oumie gave me very strict instructions that I promised I would live by the rest of my life.

She said (probably starting with “my child..”) “Smile, be nice, but do as you please!” I immediately wrote it down in my notes. I actually couldn’t remember what she had said until I looked for the note and it made me laugh instantly when I found it. I will never forget it again.

Thank God for blessing us with you in our lives.

My Oumie will go up in history.

Kayla

Here’s a little song that I wrote on the day you went to sleep:

Oumie

When you worry about love, do you find it?

When you worry about money, do you have it?

When you worry about death do you live?

Oh sweets

Oh sweets

Sweets of life you bring

Sweets of life you bring

Oh

Life is sweet when you’re singing

Oh sweet wonder

You are a wonder of love

Love is everywhere you choose to hold it

Love is no-where if you don’t see eye to eye,

I find…

Life to life we’re binded

I won’t be blinded

By this world anymore

Because I know what I live for

Yes I know what you lived for

You lived for love

Loving us

In god we trust

I see his name

your face is covered in grace

You showed to me

You taught us that we can be anything

Just smile,

be nice,

but do as you please.

Kayla

Dear Mamma,

Thank you for accepting me as your son and for always telling me that I’m your favourite son-in-law. There are many things I learned from you but what stands out is you capacity to love, even the unloveable. Your care and concern for everyone and meeting the needs of those less fortunate without seeking to be acknowledged       or recognised. A real-life example of Matt 25:34-40. I will miss you but am looking forward to seeing you soon, when Jesus come. Love Kevin

Kevin

Ouma parys is hoe ek haar ken. Sy het soveel dinge gedoen wat mens oor kan lag as mens nou daaraan dink. Ons kan boeke vol skryf van hoe groot verskil sy in ons lewens gemaak het. My kinders was bevoorreg om my kinders te ken. Ons kon saam vakansie hou elke jaar by die see Kersfees en familie naweke. Ons sal ouma altyd onthou  KARIEN

Karien

Ek sal altyd onthou wat Ouma E se eerste reaksie was met elke Hello en -totsiens groet.  Soos ek haar nader om te groet kry ek al daai skewe kyk en die twee vuiste wat na my toe gewys word. Soos blits sal ek dan altyd my twee kniee buig om af te sak tot ek haar op oog vlak is en dan sal sy gewoonlik spontaan daai harde lag van haar uitbulder en my die wang soen en ouma drukkie gee wat n kind so kan laat verlang. Dan haar passie vir musiek en sang was vir my n insperasie en die feit dat sy daai hoe supraan note nog op haar hoe oudersom kon bereik was altyd vir my n wonder.

SHAUN

Shaun

Ouma E was baie spesiaal vir my. Sy was snaaks, liefdevol en oulik. Sy het altyd stories vir ons vertel. Voordat sy vir ons stories vertel het, het ons eers liedjies gesing. Sy het ons altyd in haar engelse klas laat speel as ons vir haar gaan kuier het. Sy was baie spesiaal.  Monique

Dit was baie spesiaal om ‘n oumagrootjie soos ouma E te hê.  Sy het altyd dat ons engels praat en liedjies sing voor sy vir ons ‘n storie vertel het. Sy wou altyd gaan rondloop en dan ons voorstel aan almal. Avelin Blom

Avelin & Monique

Mamma, ons weet jy rus nou sag. Ons kan nie wag om jou weer te sien die dag as Jesus ons kom haal nie.

Dankie Liewe Jesus vir die beste mamma en pappa op hierdie aarde! Mamma ons sal mooi na pappsie kyk tot ons almal mekaar weer sien. 😘

Dankie Ouboet en Marietjie dat julle vir mamma so mooi opgepas en versorg het toe sy nog by ons was. Julle het liefde aan haar gegee toe sy nog by ons was.

Wat n voorreg om Mamma in ons lewens te kon hê. Sy het ons almal mooi groot gemaak -en was die hart vd familie, haar plekkie is leeg ….Nou leef sy in ons harte.

Ouma auntie, soos Donnie sê, ons almal gaan jou  baie mis😘 Henk, Charlotte & Donavan. 

Henk Charlotte Donavan

Sjoe waar begin mens…. Rolmodel duisend!
As 20 jarige meisie het ek my skoonma leer ken Ja Nee kyk koppe het ons gestamp (ek was haar cheeky skoondogter) maar ons het baie ingemeen gehad (ewe Cheeky) sy het my op my tone gehou want haar idees was nimmereindegind.
My leer bestuur – rerig ek kan agteruit op ‘n witlyn om’ n sirkel ry, sy het my geleer jy hoef net tot by punt A te kom – so Ry!
Ek het die hoogste respek vir haar en wat ‘n voorreg om haar as’ n skoonma te kon he – en niemand sal ooit haar skoene kan vul nie sy is rerig enig in haar soort, stubborn, raakvatter, vol lewe en grappies. Sy was die hart van die familie sjoe ons kan met dankbaarheid se dat sy ieder en elkeen kon aanraak warmee sy te doen gehad het.
Uit sig maar verewig in ons harte.mense het as kinders by haar engelse klasse en swem gekry as daar iemand was wat ‘n kind kan leer was dit sy.
Danksy Ouma kan Donni vandag swem!
Sy het mense van kos en klere voorsien, geen uitdaging was vir haar teveel nie.
Ek dink terug en een woord duik by my op
“koningskind”
Bevooreg was ek om haar as skoonma te kon he.Mamma was absolutely Amazing

Charlotte

Liefste Ouma..

Dink nie daar sal ooit die regte tyd wees om ‘n persoon vir wie mens lief is te groet nie….

Ek mis ouma al klaar.

Ek mis hoe ouma vir my se “You are going straight to Hell” as ek met chocolates daar an kom, want ons almal weet ouma sal kos veruil vir’ n stukkie.

Ouma het ons altyd bederf, en al het ons gespot Armand is Ouma se “Favourite” was ek maar eintlik net jaloers omdat hy so baie tyd met my ouma spandeer het…. As mens klein is besef mens nie dat ‘n Ouma eintlik skelmpies Lief is vir al haar kleinkinders almal dieselfde nie… Ouma het ons elkeen op ander manier bederf. En ek wat so Cheeky was het maar op die harde manier geleer… Ouma was Lief davoor om die storie te vertel waar ouma my by die kleuterskool afgelaai het en toe vra ouma of ouma net my hare kan netjies kam, en ek wat cheeky was het ouma so gekyk in die oe my gesig gedraai en angestap”… Al het ouma die storie baie vertel sal ek regtig nie omgee om dit net nog eenkeer te hoor nie….

Ek weet ouma was Lief vir my… Die laaste keer toe ek Ouma sien en groet toe gryp Ouma my hand so styf vas en se ” Ek is Lief vir jou ChenéQ”…(ouma het my naam onthou).. Min het ek geweet dit sou die laaste keer wees wat ek dit hoor… Maar Ouma ek is so dankbaar dat Ouma my lief gehad het…. Vir ons almal… My man… My kinders….. Ouma was ‘n Lief mens… Gee mens… Ek moet eerlik se ek is bly ek het van ouma se “gene” gekry… Die omgee deel… Die Lief deel… En die gee deel….

Dankie dat ek as klein kind altyd saam Ouma en Oupa kon kerk toe gaan, al het ek meer gespeel as luister…. Vandag as ‘n vrou en Mamma is ek dankbaar dat my Ouma en Oupa my saam gevat het want nou kan ek ook besluit om GOD te volg en my kinders so groot te maak… Ouma en Oupa se kerk bank staan leeg….

Maar my Hart is vol.

Dankie vir die beste Voorbeeld van Liefde en menswees wavoor enige iemand kon vra…. Ek koester elke Memory…. Alles laat my aan Ouma dink….. DANKIE❤️….

Liefde (Fristsie, karien, Cheeky, Marlene) want Ouma het altyd my ander naampies genoem- ek mis dit…… Liefde net ek Ouma xxCxx

CHENE, MARTIN, OCKERT, MIALE

Chene, Martin, Ockert & Miale

Liefste Ouma,

“The perfect partner in crime”, of soos almal al geweet het, my perfect partner.

Ek kan nie beskryf waardeur my hart nou gaan, dat ek nou al ouma moet groet nie en wat erger is ek kan nie bel en raad vra daaroor nie! Ouma was altyd my ‘go to person’ van skelm toe-broodjies tydens pouses ontvang tot my ‘get away driver’ wanneer ek wou slip.

Ouma het altyd twee stappe voorentoe gedink. Sodra ek kom kuier het was ek bederf slegs my gunsteling bederfies.

Ek voel so geeerd dat ek deel van ouma se lewe kon wees. Ek is dankbaar vir elke bietjie moeite wat ouma ingesit het vir my. Dankie vir ouma se oneindige ondersteuning en onvoorwaarlike liefde van die begin tot die einde.

Ek sal nooit vergeet, dat ouma al vir my gesê het dat ouma het nooit gekyk as iemand my in my rugby games tackle nie want ouma kon dit nie in neem dat iemand my seer maak nie, met dit weet ek ouma se liefde was net een stappie verder!

Ouma was net Awesome!! Geen woorde kan beskryf hoe baie ek na ouma gaan verlang nie!!! Ouma het ‘n groot rol gespeel in die persoon wat ek vandag is, van ‘n persoon wat omgee en liefde uit deel tot iemand wat volle vetroue engels kan praat weet ek ouma sal verewig in my hart bly!

Ek wil net sê, ek verlang beslis alklaar na ouma, waar my gebede verander het na “asb moet haar nie vat nie” na “dankie dat God my so kon seën” gaan ek ouma van nou tot in eweigheid verlang!

To my beautiful old lady! Till we meet again!  ARMAND

Armand

Mamma jy was nie net die beste nie, jy was die kosbaarste geskenk wat Jesus vir ons as gesin kon gee.  Jy het Jesus se grootste opdrag, Jy moet jou naaste liefhê soos jouself teenoor ons en al die mense om jou uitgeleef.  Jy het nie voluit geleef nie, jy het 2 x voluit gelewe vir Pappa, ons jou kinders en nog meer vir jou kleinkinders en weer vir jou agterkleinkinders. 

Die slimste man wat ooit geleef het op aarde het die volgende van jou gesê Mamma

“NLV Spr 31:10 Waar sal jy ’n knap vrou kry?

’n Goeie vrou is meer werd as edelstene.”

Ons harte is bitter seer maar ook dankbaar dat Mamma nou in Jesus kan rus en ons sien uit na daardie blye more wanneer Jesus ons kom haal en jy en ons ‘n nuwe onverganklike liggaam sal ontvang om vir Ewig in liefde en vrede saam met Jesus te leef!

– Ouboet / Johann 

Mamma was vir my ‘n baie spesiale mentor in alle opsigte.  Vir ‘n introvert soos ek – moes ek vinnig leer dat almal in die wye wereld familie of vriende is van die Havenga’s. Ek is dankbaar om een van hierdie spesiale familie te kan wees. Sy het ‘n hart van goud gehad en daar was altyd plek vir nog iemand.  Ons is dankbaar vir lekker saamweestye en die voorreg wat ons kinders en kleinkinders gehad het om haar ook te kon geniet.  Raai  MARIETJIE

Johann & Marietjie

Wat ń voorreg vir my om Ouma Parys vir bykans 40 jaar as deel van my lewe te kon hê! Ouma was ń spesiale mens.  As ek so terugdink oor die jare is daar baie herinneringe en ek kan nie aan een negatiewe ervaring of herinnering dink nie.

Ek het baie by Ouma geleer en sy het diep indrukke op my lewe gemaak –  Een so ń ervaring wat vir my uitstaan het ongeveer 27 jaar gelede plaasgevind:  Ons familie (ouers, grootouers en kinders) was almal in ons Kombi, oppad om ń dag saam te gaan spandeer.  Ons het in Noordelike rigting op die N1 gery en die voertuig was net weer mooi op spoed na ons moes stop vir die Grasmere tolhek.  Op daardie stadium het ek gesit en afkyk.  Die volgende oomblik het die bussie onverwags geruk en toe ek opkyk het die wêreld gedraai.  Voordat ek nog mooi kon registreer wat besig was om te gebeur het ek Ouma se stem hoor uitroep:  “Jesus help!”.  ń Paar oomblikke later het die bussie teen die struike tussen die N1 Noord en die N1 Suid tot stilstand gekom.  Ons was in ń ongeluk, maar nie een van ons het enige ernstige beserings opgedoen nie – nie Ouma nie, ook nie Pappa nie, al het hy deur die vooruit van die kombi gevlieg en buitenkant gehang toe ons tot stilstand gekom het nie.  Selfs nie eers Sus, wat voor tussen Oupa Vanderbijl en Pappa net so los op ń koelerboks gesit het, het iets oorgekom nie.  Ek weet die Here het ons daardie dag beskerm.  Wat my so diep geraak het van hierdie ervaring was dat Ouma se eerste reaksie was om tot die Here te roep vir hulp – in daardie splitsekonde wat alles gebeur het, het sy instinktief uitgeroep na God.  Dit was vir my ń groot voorbeeld en ń diep les.  Wat die hart van vol is loop die mond van oor.  Ouma was vir my ń bron van inspirasie.

Ouma se beertjie  HEIN

Hein

Dinge waarvoor ons ouma altyd sal onthou:

Haar liefde vir Jesus

Haar liefde vir Oupa

Haar liefde vir  haar kinders (eintlik enige kinders).

Haar liefde vir stories vertel.

Haar liefde vir klein goedjies (miniatures of sample sizes), veral klein mensies (babas).

Haar liefde vir enigiets pienk.

Haar liefde vir Chocolates.

Haar liefde vir dans.

Haar liefde vir die Engelse taal.

Haar liefde vir sing en haar pragtige stem.

Hoe sy met ALMAL gepraat het as mens in die publiek was al het sy hulle van geen kant af geken nie.   

Hoe sy hardop, uit haar maag uit kon lag.

Hoe sy altyd die lekkerste Coco en Cola stories vir die kinders kon vertel.

Haar lekker stywe drukkies. 

Haar “no-nonsense attitude.”

 Ouma was ook baie lief daarvoor om ‘n slapie te vat.  Ons gun haar nou die slapie wat sy in Jesus het.  Mag sy soet rus,  tot ons haar weer sien.    Tot dan koester ons die mooi herinneringe van ‘n merkwaardige vrou wat ons ouma kon noem. 

Hein, Jo-anne, Daniëlle en Jacques Havenga

Jo-anne, Danielle & Jacques

In ouma se handsak was daar hande vol spur sweeties en enige iets waaraan jy kon dink – dit het ons altyd laat dink aan Mary Poppins se sak.  As daar n lekker liedjie gespeel het, het ouma opgespring en gedans terwyl oupa net vir ouma gekyk het.  Ouma se stories het ons uit ons maag laat lag, en as ouma n kansie kry het ouma vir ons Engels geleer al was die engelse liedjies soos bv “1,2,3,4,5, once I caught a fish alive, 6,7,8,9,10 but I let it go again…”  ZENÉ & JOWAN 

Zene & Jowan

Ouma Edith of Ouma Parys soos wat ek haar geken het. Dis moeilik om haar op te som, want sy was so ‘n formidabelike vrou en ouma. Maar as ek een woord moet gebruik sal ek se Supercalifragilisticexpialidocious. Alles in een. Ek sal nooit vergeet hoe sy my engels geleer het (en nooit opgehou leer het selfs toe ek groot was).  Dan het sy my ook geleer swem.  En sy kon bobaas slaaptyd stories vertel (waarvan Coco die meeste vir my uistaan).  Hoe lekker het ons altyd by haar en oupa gekuier en dan weer hulle by ons.  Sy is voorwaar ‘n ouma duisend gewees en ‘n abosulute voorbeeld van iemand wat staan vir wat vir haar reg is maak nie saak wat nie. Lekker rus ouma parys.  Ons sien uit om jou weer te sien as Jesus ons kom haal. Kan nie wag vir daardie dag nie!  JB

Ouma was ‘n Limited Edition.  Ouma het my so baie geleer, ons het so baie lekker gekuier en gelag. Ek gaan ons milkshakes en groot Mugg and Bean koeke wat ons saam geëet het mis.  Elke keer as ek n broodjie bak – dink ek aan hoe baie ouma dit sou geniet het.  Ek koop nogsteeds vyekonfyt want ek weet ouma het daarvan gehou.

Dankie vir al die kere wat julle so ver gery het om vir ons te kom kuier, dankie vir die tyd wat ouma met ouma se agterkleinkinders spandeer het en die ure se stories wat ouma vertel het.  Ek sien uit om ouma binnekort weer te sien.   LANDI 

JB & Landi